Personeel van Stellenbosch-hospitaal het hierdie Mandeladag die koue verdryf deur pasiënte te verras met sop en varsgebakte brood. Personeel het bydraes gemaak om dit moontlik te maak om sowat 100 bekers sop en broodjies te kon uitdeel. Nomsa Qotywa het haar sesjarige dogter, Sihle, na die hospitaal gebring vir ’n opvolgafspraak. Tot haar verbasing het personeel met ’n trollie vol lekkernye omgekom, wat ook hulle kon geniet. Sommige besoekers wat van die sop geneem het, het gesê dit was hul eerste maaltyd vir die dag. Die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand sê dankie aan personeel wat reggestaan het om op hierdie dag selfs meer van hulself te gee aan die gemeenskap. Nog Mandeladag-stories op bladsy 4. Foto: