Die Laerskool Marvin Park van Macassar het die afgelope naweek by PRG se junior rugbyakademie aangesluit vir ’n oefensessie saam met Corné Uys, die hoof van rugby, en PRG-afrigters. Die sessie het by Paul Roos Gimnasium se Markötter-sportkompleks plaasgevind. “Dit was ’n voorreg vir Paul Roos Gimnasium om die talentvolle jong spelers te help om hul vaardighede te ontwikkel,” het PRG gesê. Die Marvin Park-rugbyspan het in die onlangse George 10’s tot 21:30 die aand in die reën gewag om PRG te sien speel. “Dankie aan Marvin Park vir jul wonderlike ondersteuning en passie vir rugby.” Foto: