Maste bly staan

Die probleem van die oprigting van selfoonmaste toring steeds uit bo baie probleme wat tans op die dorp ondervind word.


Die probleem van die oprigting van selfoonmaste toring steeds uit bo baie probleme wat tans op die dorp ondervind word.

Bewerings word oor en weer geslinger van skadelike bestraling wat inwoners kan benadeel en wat skynbaar gesondheidsrisiko’s inhou. Die debat oor die voor- en nadele sal waarskynlik nog lank duur, maar ’n paar feite staan soos ’n paal bo water.

Die munisipaliteit het nie ’n beleid oor die oprigting van die torings nie. Hulle het ook geen jurisdiksie oor maste wat op privaateiendom opgerig word nie, tensy die bouregulasies oorskry word.

Die feit dat daar skynbaar min of geen plaaslike navorsing oor die invloed van uitstraling van die torings gedoen is nie, is iets wat in ’n moderne tegnologiese samelewing erg kommer wek.

Dis amper soos die pre-selfoonera se kar voor die perde inspan. En dat die plaaslike owerheid sonder beleid is oor sulke netelige kwessies, laat ’n mens ook wonder waarop vorige regimes dan hul besluite gegrond het.

Geld dit vir ander belangrike besluite in die dorp ook – dat daar nog geen beleid bestaan nie?

,

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.