Matie presteer in Berg

Die Stellenbosch-kanovaarders het behoorlik met die Bergrivier kanomarathon 2023 gestoei, soveel so dat slegs 10 van die 16 inskrywings van Stellenbosch-kanoklub die moordende wedvaart oor 240 km kon voltooi. Dit was ook die Suid-Afrikaanse enkelkano

Die jong Matie Dave Evans het uitstekend presteer deur in sy eerste Bergrivier-kanomarathon 4de klaar te maak in ’n tyd van 17:21:33 – slegs 11 minute ná die wenner Hank McGregor. Foto:

Credit: SYSTEM

Die Stellenbosch-kanovaarders het behoorlik met die Bergrivier kanomarathon 2023 gestoei, soveel so dat slegs 10 van die 16 inskrywings van Stellenbosch-kanoklub die moordende wedvaart oor 240 km kon voltooi. Dit was ook die Suid-Afrikaanse enkelkanokampioenskap.

Twee van die roeiers het siek geword kort voor die begin van die wedvaart. Dit was veral jammer dat Francois Meyer nie kon deelneem nie, want hy was in topvorm en een van die gunstelinge om die Groot Meesters-afdeling te wen.

Sy klubmaat Daantjie Malan het toe die eerste plek gevat, gevolg deur Dawid Malherbe in tweede plek.

Tydens die wedvaart het Carel Botha ook in die eerste skof onttrek, waarskynlik weens uitputting omdat hy Maandag 3 Julie die uitmergelende Freedom Challenge voltooi het. Hy het ook nadat hy die Comrades-marathon gehardloop het op sy bergfiets van Durban na Wellington gery.

Ná die eerste dag het Theuns Matthee ook siek geword en moes hy noodgedwonge onttrek.

Op dag twee het Danie Brink onttrek nadat sy kano beskadig is deur sterk waterstrome wat sy kano meegesleur en geknak het terwyl hy besig was om ’n klubmaat in ’n moeilike situasie te help.

Die derde skof van 74 km het ook sy tol geëis toe Johan van Rooyen ná 30 km besluit het hy is nie reg om die orige 44 km af te lê nie.

Die jong Matie Dave Evans het uitstekend presteer deur in sy eerste Bergrivier-kano­marathon 4de klaar te maak in ’n tyd van 17:21:33 – slegs 11 minute ná die wenner Hank McGregor.

“Dit was ’n ongelooflike ervaring. Ek is tevrede met my uitslae, want dit was my eerste Bergrivier-kanomarathon. Ek het nie regtig die kanale geken nie, maar dit was wonderlik om Hank en Jeremy te volg, want hulle het regtig geweet wat hulle doen. Ek was bly om hul leiding te volg, sodat hulle my die pad kon wys. Wat vir my uitgestaan ??het, was die kameraadskap tussen almal. Daar is so ’n goeie gevoel oor die wedloop, almal moedig mekaar aan en dit voel of almal saam daarin is, want dit is beslis ’n baie uitdagende wedloop. Dit is een van die moeilikste dinge wat ek gedoen het,” sê Evans.

Vanjaar se Bergrivier-kanomarathon het ook besondere deursettingsvermoë van Dawid Malherbe en Hanre Streicher vereis. Malherbe het sy hand op die tweede dag gesny en moes vier steke kry. Hy het egter deurgedruk en die volgende twee dae met ’n handskoen voltooi. Streicher het erge voorarmspier­ontsteking gehad en veral die laaste twee dae was vir hom uitdagend om te kon klaarmaak.

Van die 70 inskrywings kon net 63 die marathon vanjaar voltooi.

Die Stellenbosse kanovaarders het as volg die wedvaart voltooi:

  • David Evans, 4de algeheel en 2de onder 23;
  • Gert van Deventer, 14de en eerste veteraan;
  • Ross Leslie, 18de;
  • Luka Koumantarakis, 29ste;
  • Daantjie Malan, 35ste en eerste Groot Meester;
  • Schalk Smit, 36ste en wenner van die Peninsula Iron Man-kompetisie (Peninsula Iron Man is sportlui wat in dieselfde jaar die Kaapstad-fietstoer, Two Oceans-ultramarathon en Bergrivier-kanomarathon voltooi);
  • Dawid Malherbe, 39ste en tweede Groot Meester;
  • Barry Muller, 50ste en tweede in die Peninsula Iron Man-kompetisie;
  • Francois Loedolff, 54ste; en
  • Hanre Streicher, 57ste.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.