‘n Foto wat die ronde op sosiale media doen van die Matie-student wat van “blackface” beskuldig word, wys hul gesigte was eintlik pers geverf.
Die nuwe foto’s dui aan dat Poekie Briedenhann en haar vriendin na ‘n partytjie waarvan die tema “Interstellar” was.
Die studente het hulself pers geverf en met blinkers bedek.
‘n Ondersoek na die voorval is deur Universiteit Stellenbosch van stapel gestuur.
Beide studente is geskors en Briedenhann is van haar rol as studentementor onthef.