Maties, VDE aan die verloorkant

,

Avril Fillies Maties en Van der Stel-Evergreens (VDE) het albei Saterdag (26 April) in Superliga A-kragmetings die knie gebuig toe hulle onderskeidelik 46-35 teen Brackenfell en 52-24 teen Durbell vasgeval […]


Avril Fillies

Maties en Van der Stel-Evergreens (VDE) het albei Saterdag (26 April) in Superliga A-kragmetings die knie gebuig toe hulle onderskeidelik 46-35 teen Brackenfell en 52-24 teen Durbell vasgeval het.

Dit was Maties se tweede verloorslag en VDE se eerste nadat hy voor die Paasnaweek met St. George’s afgereken het. In sy eerste wedstryd het Maties teen

Unimil vasgeval en dis die einste span teen wie VDE Saterdag op Bergzicht kragte gaan meet.

Tot rustyd het VDE in Durbanville goeie rekenskap gegee en hy was rustyd 19-12 agter, maar daarna het Durbell die krane oopgedraai en die punte ingeryg. Op grond van Durbell se vertoning Saterdag is hy oorgehaal om Hamiltons vanjaar te onttroon.

Die ligpunt vir Stellenbosse toeskouers is die goeie vertonings wat ander spanne in hul onderskeie ligas gelewer het.

In Superliga B het Franschhoek met 27-20 teen Primrose geseëvier, en Kylemore het 29-20 teen Hands & Heart verloor. In Superliga C het Pniël Villagers 24-21 met Rangers van Athlone afgereken.

Die Noordelike liga se kompetisie is straf met Raithby Universals, Stellenbosch-Coronations en Blue Stars, wat onder die top-vier lê, en spanne voor hulle platvee.

Raithby Universals gee die toon aan, gevolg deur Corries, dan Sir Lowrians en dan Blue Stars op die punteleer. Saterdag (3 Mei) ontvang Corries besoek van die voorlopers Raithby Universals en kan die volgorde op die punteleer verander.

Corries het Saterdag Whistling Wheels met 32-16, Raithby Universals vir Albions met 40-34, Sir Lowrians vir Blue Stars met 26-17 en Excelsior vir Gordonsbaai Pioneers met 39-19 geklop.

Die wedstrydbepalings van plaaslike spanne vir Saterdag 3 Mei is soos volg:

• Superliga A: VDE t. Unimil; Valsbaai t. Maties

• Superliga B: Kylemore t. Vineyards; Franschhoek (loslootjie)

• Superliga C: Pniël Villagers t. Eersterivier

• Noordelike liga: Stellenbosch-Coronations t. Raithby Universals; Blue Stars t. Whistling Wheels; Albions t. Excelsior.

You need to be Logged In to leave a comment.