Madeleine Haasbroek (18) van Hoërskool Stellenbosch sê dit voel beide lekker en weird om klaar te wees met matriek. “Die eerste ding wat ek gaan doen noudat ek met vakansie is, is tan en baie foto’s neem,” sê sy. Madeleine gaan volgende jaar onderwys studeer aan KSUT en het die volgende raad vir 2018 se matrieks: “Leer hard, doen baie moeite en bly op datum.”Foto’s (tensy anders vermeld): Paula-Ann Smit


Maandag het die land se matrieks hulle laaste vraestel, Engels, geskryf. Eikestadnuus het met matrieks by Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Paul Roos Gimnasium gaan gesels oor die ervaring van klaar wees met skool.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article