Paul Roos Gimnasium vier Matriekweek 2020. Verlede week het die skool die matrieks van 2020 en hul vyf jaar in Paul Roos gevier. Binne die reëls van fisieke afstand en beperkings op massabyeenkomste was daar nogtans ’n program vol vermaak en deelname. ’n Hoogtepunt was die personeel en leerders wat saam die bekende Jerusalema-dans op die krieketveld uitgevoer het. Vrydag was die matrieks se laaste dag op die skoolbanke en dit was ’n voorreg vir die skool om op ’n gepaste wyse afskeid van ’n besonderse groep leerders en hul ouers te kon neem.Foto: Charmaine Sander Photography