Die o.13-span van die Stellenbosch-krieketklub het op Donderdag 27 Maart teen ‘n span van Macassar Primêre Skool in ‘n T20-aandwedstryd by die Idasvallei-sportterrein te staan gekom. Die besoekers het die wedstryd met 93 lopies gewen. As deel van die dag se verrigtinge het die bestuur van die plaaslike klub 13 skryfbehoefte-pakkies aan die spelers van die Helderbergse skool oorhandig. Brian Minnis (voorsitter) het dit aan die skoolhoof, Desiree Williams, oorhandig.

You need to be Logged In to leave a comment.