Agter van links is Cadence Joos (vlak 4), Dané Kietzmann (vlak 5), Julie Meiring (vlak 4), Salomie Rademeyer (vlak 6) en Fila Lategan (vlak 4). Voor is Nina Joos (vlak 7) en Ingrid Fourie (vlak 4). Foto:


Die meisie- artistiese gimnaste van die Van der Stel-gimnastiekklub in Stellenbosch het besonder goed presteer in die Wes-Kaapse gimnastiekkam­pioenskap, wat op 26 en 27 Augustus in Saldanha beslis is.

Die sewe gimnaste in die groep het twee algeheel eerste plekke en nege apparaatmedal­jes verower.

Fila Lategan is as die Wes-Kaapse kampioen aangewys vir vlak vier (10 jaar). Sy het ook ’n eerste plek in brug en tweede plek in spronge behaal.

Ingrid Fourie het vir vlak vier (10 jaar) ’n tweede plek vir brug ontvang.

Cadence Joos het die eerste plek vir vloer en tweede plek vir spronge in vlak vier (14 jaar en ouer) behaal.

Vir vlak vyf (13 jaar) was Dané Kietzmann derde vir spronge en vloer.

Salomie Rademeyer was derde algeheel in vlak ses (13 jaar) en was die naaswenner vir vloer en brug.

Fila, Ingrid, Cadence, Dané, Salomie en Nina is gekies om die Wes-Kaap in die SA GymGames (die nasionale kampioenskap), wat van 2 tot 7 Oktober in Gauteng plaasvind, te verteenwoordig.

You need to be Logged In to leave a comment.