Mialize van der Vyver (regs), ’n lid van die Coronation-krieketklub se vrouespan, het Sondag (27 Januarie) ’n allemintige 271* lopies in haar span se wedstryd teen die Grabouw-krieketklub aangeteken. Die spanne het in ’n Krieket Boland-vroueligawedstryd by die Elgin-buiteklub kragte gemeet. Met haar onoorwonne 271 lopies het Van der Vyver die jare lange rekord van 186 lopies deur Alicia Smith, die voormalige Protea-vrouespeler, Bolander en Coronation-spanlid, verbeter. Die talentvolle Van der Vyver, ’n inwoner van Citrusdal, het ook boulsyfers van 2/28 in ses boulbeurte opgelewer en is as die speler van die wedstryd aangewys. Sy het in Desember in die swart-en-geel van Boland vir die o.19-meisiespan by Krieket Suid-Afrika se o.19-meisiestoernooi vir 2023 uitgestap en is ook saam met haar Coronation- en Boland-spanmaat, Gizelle Abrahams van Lanquedoc, tot die SA o.19-meisiesspan verkies. Abrahams was ook in Sondag se wedstryd in aksie en het boulsyfers van 5/37 aangeteken. Die span van Pniël het met 212 lopies teen hul Overbergse teenstanders geseëvier. Bo staan Van der Vyver by haar trotse afrigter, Angus Simmers, die jare lange afrigter van die Bolandse o.19-meisies- en vrouespanne en ook die kolfafrigter van die Coronation-mansp