Dynamique Events bied Vrydag 25 Augustus ’n Vrouedag-middagete by Alluvia-boetiekwynplaas aan.
Die gasspreker vir die geleentheid is Miskyah Toth, voormalige Nedbank-sakevrou van die jaar en uitvoerende hoof van Business Directive Development Group. Sy sal vroue met haar suksesstorie en wat sy moes oorkom om sukses te bereik, inspireer.
“Die doel van die geleentheid is om vroue te inspireer en terug te gee aan die gemeenskap. Die geleentheid is daarop gerig om Vrouemaand en die krag van vrouwees en haar skoonheid, die wonder van vrouwees, te vier,” sê die organiseerder, Lorinda Timmins, van Dynamique Events.
Slegs 30 kaartjies is beskikbaar teen R550 elk. Stuur e-pos na info@dynamique-events.com vir navrae.