Milla Kotze, ’n gr. 8-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof, het einde November weer in tenniskringe opslae gemaak toe sy as die 2022-ope- vrouekampioen by die Boland-meesterstennistoernooi bekroon is. Deelname is slegs op uitnodiging. Wat Kotze se prestasie so besonders maak, is dat sy genooi is om in die ope-afdeling (18 jaar en ouer) deel te neem. Met die begin van die 2023-tennisseisoen om die draai verskuif Milla se fokus nou na die internasionale tennisfederasie se toernooie in Suid-Afrika.
Milla mik ver bo die net
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.