Een van die vuurwapens wat deur die Cloeteville-polisie gevind is.

Die plaaslike polisie se versoek aan gemeenskapslede om inligting te verskaf, het onlangs vrugte afgewerp toe die Cloetesville-polisie twee vuurwapens opgespoor en afgeneem het.

Die Cloetesville-polisie het vandeesweek bevestig ‘n 9-mm-pistool, ‘n magasyn, 50 9 mm Luger-patrone, ‘n tweede vuurwapen en 50 Mandrax-tablette is danksy inligting uit die gemeenskap gevind.

“Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om bendeverwante aktiwiteite so gou as moontlik aan ons deur te gee,” sê AO Zenobia Sedeman, ‘n plaaslike polisiewoordvoerder.

Bel lt.kol. Monique Fortuin, die stasiebevelvoerder, by 082 411 2915, sers. Francois Swarts by 079 894 0110 of AO Sedeman by 082 411 2915 om inligting te verskaf. Dit kan anoniem gedoen word.

Die 50 9 mm Luger-patrone en 50 Mandrax-tablette wat gevind is. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.