Die Groot Drakenstein-polisiekantoor doen ’n beroep op inwoners om na vore te kom indien hulle inligting het oor die volgende sake wat die kantoor ondersoek.
Mense met inligting kan 021 874 8000 skakel:
. Op 13 Junie om 11:45 is menslike oorskot, onder meer beendere, naby die Meerlust Bosbou- informele nedersetting buite Simondium gevind. Iemand met inligting hieroor kan die kantoor skakel.
. Iemand het op 12 Januarie 2023 op die Boschendal-wynlandgoed inmekaargesak en is oorlede. Kontak die Groot Drakenstein-polisiekantoor.
. Iemand is op 16 April 2023 om 01:30 in Katstertstraat, Lanquedoc, doodgery. Enigiemand met inligting oor die voertuig wat die oorledene getref het, kan die polisiekantoor kontak.
. Op 15 Desember 2021 om 08:00 is iemand wat op die plaas Watervliet in Simondium gewoon het, in die Paarl-staatshospitaal oorlede. Indien iemand weet wie die oorledene is, kan hulle die polisiekantoor kontak.
. Op 4 Julie 2019 het iemand by Disastraat 335 in Lanquedoc gif gedrink. Enigiemand met inligting oor die oorsprong van die gif kan na vore kom.
. Op 5 Mei 2019 om 21:55 by Hoofstraat 25 in Lanquedoc het iemand inmekaargesak en is later dood verklaar. Indien iemand inligting oor die voorval het, kan die polisiekantoor gekontak word.