Moedertaal gee voorsprong

Februarie is Moedertaalmaand en op 21 Februarie vier ons Internasionale Moedertaaldag.


Februarie is Moedertaalmaand en op 21 Februarie vier ons Internasionale Moedertaaldag.

In hierdie eerste van vier artikels oor die belangrikheid van moedertaalonderrig vir jou kind, vertel ons en Afrikaans.com jou hoekom moedertaalonderrig jou kind ’n voorsprong gee.

Februarie is Moedertaalmaand en op 21 Februarie vier ons Internasionale Moedertaaldag – ’n dag wat sedert 1999 ingestel is en sedertdien jaarliks gevier word.

Maar hoekom al weer praat oor moedertaalonderrig? Want . . . dit is die beste ding wat jy vir jou kinders kan doen – om hulle in hul moedertaal te laat skoolgaan.

Hier is net ’n paar redes hoekom ons jaar ná jaar hieroor praat:

Moedertaalonderrig gee jou kind die heel beste kans op sukses

• Moedertaal vestig die basis vir kognitiewe leer en dus probleemoplossing.

• Hoe groter ’n kind se woordeskat, hoe beter lees en leer hy.

• Navorsing het bewys dat moedertaal jou kind ’n leervoorsprong gee.

• Deur moedertaalonderrig word die gehalte van onderrig verbeter.

• ’n Mens verwoord jou gevoelens beter in jou moedertaal.

• ’n Kind verstaan moeilike begrippe in ’n vreemde taal makliker in sy moedertaal.

• ’n Kind hoef nie in Engels skool te gaan om Engels aan te leer nie.

• Moedertaal bevorder veeltaligheid, mits die moedertaal goed gevestig is.

Wat kan ouers doen?

• Praat gereeld met jou kind in jou moedertaal – selfs voor geboorte.

• Stuur jou kind na ’n skool waar hy moedertaalonderrig kan ontvang.

• Dring aan op jou reg op moedertaalonderrig.

• Lees vir jou kind en brei so sy woordeskat uit.

• Moedig lees aan. ’n Goeie leser is ’n goeie leerder.

• Stel kinders bloot aan hul taal en kultuur. Leef in jou taal.

• Moedig die aanleer van nog ’n taal aan – veeltaligheid open deure.

• Wees trots op jou taal deur dit te praat en stel so ’n goeie voorbeeld.

• Respekteer ander se taal en kultuur.

• Jou moedertaal is wie jy is, dus: Praat dit, leef dit, lees dit!

Gaan lees meer oor die belangrikheid van moedertaalonderrig op Afrikaans.com (www.afrikaans.com) se leerhulpafdeling onder die hofie: Leer meer oor Afrikaans – Moedertaalonderrig (http://afrikaans.com/leerhulp/moedertaalonderrig/

Onderwysers en tuisskolers: Gaan kyk op Afrikaans.com se leerhulpafdeling vir ’n keur van plakkate vir jou klaskamer by http://afrikaans.com/leerhulp/plakkate/

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.