Kan iemand assebief help om my te laat verstaan hoekom daar beplan word om van die R44, een van die mooiste wynroetes in die wêreld, ’n beton-oerwoud van vlieënde pierings te maak?
Waar kom die miljoene rande vandaan en wie sit agter die beplanning?
Die N2 smag na ’n beter oorgang en kruising met Victoriastraat in Somerset-Wes, hoekom word dáár nie geld aan bestee nie?
Hoekom kan Tegnopark nie ’n tweede ingang na die R310 kry om daardie verkeer bietjie weg te kry van die R44 af nie?
Annandale-pad kort dringend ’n oordoen, maar dit word opsy geskuif om vlieënde pieringbrûe te bou wat 100 jaar oue bome gaan vernietig en ou geboue gesloop moet word.
Ek sal baie graag antwoorde op my vrae wil hê.