Musiek en taal bespreek

Die VVA-Ommietafelgesprek se onlangse gespreksessie by die pragtige Middelvlei-wynlandgoed het Donderdag 22 Augustus talle gelok.


Die VVA-Ommietafelgesprek se onlangse gespreksessie by die pragtige Middelvlei-wynlandgoed het Donderdag 22 Augustus talle gelok.

René Arendse het die gesprek gelei met die tema “Hoekom ’n musiekloopbaan in Afrikaans?”

Frazer Barry, musiekman, televisieaanbieder en woordkunstenaar; Sarah Theron, Crescendo-mentor, sanger en aktrise; en Whaden Johannes, akteur en sanger, het insette gelewer.

Dié drie musiekkenners het onder meer oor hul liefde vir Afrikaans, oor wie se taal Afrikaans nou eintlik is en die toekoms van die plaaslike musiekbedryf gepraat.

Die Hoërskool Kylemore was goed verteenwoordig by Ommietafel, met Brendon Parks, Heather Smith en Lynette Myburgh wat die geleentheid bygewoon het. Foto’s: Yaël Malgas

Stephano van der Berg en Edward van der Merwe by die gesprek.

Adéle Rex, Natalie Morkel en Deniel Barry geniet ’n geselsie voor die gesprek.

Robin-Dean Fourie, Cathy Boer en Hakeem Ayeni deel nuus (en note) voor die geleentheid.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.