Muurskildery by Eersterivier bly

Inwoners van Stellenbosch het al gewoond geraak aan die speelse muurskildery van ’n verkleurmannetjie wat ’n vlieg probeer vang, op die brug oor die Eersterivier by Paul Roos. Dit het in 2018 deel uitgemaak van die PJ Olivier Kunssentrum se jaarlikse

Hoewel die kunswerke van die PJ Olivier Kunssentrum se jaarlikse straatkunskompetisie ná ’n paar maande verwyder word om plek te maak vir nuwe kunswerke, is daar besluit om hierdie spesifieke muurskildery behoue te laat bly omdat dit so gewild onder dorpenaars is.

Credit: SYSTEM

Inwoners van Stellenbosch het al gewoond geraak aan die speelse muurskildery van ’n verkleurmannetjie wat ’n vlieg probeer vang, op die brug oor die Eersterivier by Paul Roos. Dit het in 2018 deel uitgemaak van die PJ Olivier Kunssentrum se jaarlikse straatkunskompetisie vir Gr. 11-leerders waarin hulle kuns moes skep wat interaktief is met die omgewing.

Hoewel die kunswerke ná ’n paar maande verwyder word om plek te maak vir nuwe kunswerke, is daar besluit om hierdie spesifieke muurskildery behoue te laat bly omdat dit so gewild onder dorpenaars is.

Die afgelope vyf jaar het die muurskildery se kleure egter verdof en Proud Partners, wat die kompetisie borg, het besluit om dit op te knap en weer so goed soos nuut te maak. Die restourasie sal deur PJ Olivier se leerders onder leiding van hul kunsonderwyseres, Antoinette Cloete Nel, op Saterdag 13 Mei gedoen word.

Volgens Isabel Verwey, uitvoerende direkteur van Proud Partners, het die straatkunskompetisie se groei alle verwagtinge oortref. “Ons het verlede jaar besluit om die kompetisie aan ’n staproete te koppel. Dit bied nie net ontluikende jong kunstenaars die geleentheid om lewe aan hul werk te gee nie, maar dit betrek ook die dorpenaars en stel toeriste al stappende bekend aan ons pragtige dorp.”

Vanjaar se staproete staan bekend as PJOkunsspore23 en sal by die PJ Olivier Kunssentrum in Blomstraat begin, waarna dit deur die hele dorp kronkel. Tussen 10 en 14 van die leerders se beste kunswerke sal op spesifieke plekke langs die staproete besigtig kan word. Die staproete word op 11 Augustus geopen en inwoners kan uitsien om die unieke straatkuns tot diep in 2024 in die dorp te geniet.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.