Die Schola Cantorum voer Vrydag 15 en Saterdag 16 Maart om 19:00 saam met die Universiteit Stellenbosch Camerata, gelei deur Suzanne Martens en onder leiding van Martin Berger, Mozart se Requiem in D mineur uit. Dié welbekende meesterstuk is ’n ikoniese werk in die oratorium genre, bewonder en gevier deur die eeue, en bly een van die mees gereeld uitgevoerde koorwerke. Die sopraan Hlengiwe Mkhwanazi (foto), alt Lente Louw, tenoor Jason Atherton en bas Conroy Scott is ook deel van die uitvoerings, wat in die Endler-saal in Stellenbosch gehou word. Daar sal ná elke vertoning ’n onthaal wees, waar gehoorlede die kunstenaars kan ontmoet. Die konserte word deur die Hermann Ohlthaver-stigting geborg. Kaartjiepryse beloop van R75 tot R180