Die eerste span van Young Tigers FC van Cloetesville het Sondag (4 September) op die Elsenburg-sportterrein teen Scottsdene FC van Kraaifontein in ’n ligawedstryd gespeel. Die spanne moes die nat en reënerige weer trotseer, maar goeie spel is opgelewer. Young Tigers het die wedstryd 4-1 gewen danksy doele deur Ashwill Arries (2), Ryno Robyn en Jody Oktober. Ander uitslae van die dag: Superstars 2 vs. Bellevue United 1.