Van Mesopotamië tot Mariah – die liefdeslied was nog altyd die kern van gewilde musiek. Historici en musikante is reeds dekades besig om die verlore musiek uit ou beskawings na te vors en te herskep. Nataniël het gaan luister en leer en die gevolg is sy nuutste skepping, Nineveh Song, ’n versameling liedere van die begin van die beskawing tot 2024 se eerste treffers. Soos die liefde, gaan die vertoning oor skoonheid, humor, hartstog en die soeke na dit wat verlore is. Met tonne romantiek, splinternuwe stories en musiek – onbekend en geliefd – is Nineveh Song die perfekte gebeurtenis vir die week van Valentyn! Die vertoning vanaf Woensdag 14 tot Saterdag 17?Februarie is eksklusief aan die Drostdy-teater. Slegs vier vertonings word gelewer en Nataniël deel die verhoog met die Steinway-pianis Charl du Plessis. Die kostuums is deur Floris Louw ontwerp. Die vertonings is elke aand om 19:00. Kaartjies kos R299 elk en kan aanlyn deur Computicket bespreek word. Geen kinders onder 15 word toegelaat nie.