Nataniël keer Valentynsweek na die Drostdy-teater in Stellenbosch terug met ’n splinternuwe vertoning, Rome ’62. Hy sal vanaf Dinsdag 14 tot Saterdag 18 Februarie om 19:30 daagliks die verhoog met die bekroonde pianis Charl du Plessis deel. By ’n kermis in die Vrystaat is daar ’n stalletjie waar tweedehandse klere verkoop word. Tussen die rye moeë kledingstukke hang ’n besonderse uitrusting, handgemaak deur ’n gesogte Italiaanse ontwerper. Hierdie ontdekking is die inspirasie vir Nataniël se jongste vertoning. Met stories in Engels en Afrikaans, asook musiek, beide splinternuut en ses dekades oud, sal die vertoning die gehoor behoorlik vermaak. Geen onder-16’s en daar sal ’n Kaalkopwinkel in die foyer wees. Kaartjies kos R290 per persoon by Computicket.Foto: