Nataniël kom kuier die komende naweek in Stellenbosch vir slegs twee vertonings op 22 en 23 Februarie by die Drostdy-teater. Hierdie vroeg-in-die-jaar-konsert bestaan uit splinternuwe stories in Nataniël se unieke styl, asook musiek, oud en nuut, bekend, immergroen en oorspronklik. Fantasie, humor, waarhede en wyshede, kwessies en kwellinge, vrae en antwoorde – al die elemente uit die Nataniël-skatkis word saamgebring! Hy deel die verhoog met die Steinway-pianis Charl du Plessis. Saterdag begin die konsert om 19:00, terwyl die Sondagvertoning om 15:00 begin. Geen onder 14’s word toegelaat nie. Kaartjiepryse beloop R320 elk