Die Hoër Meisieskool Bloemhof se o.16-tennisspan is die naasbeste in die land nadat hulle Sondag 6 November as naaswenners in die Paribas Rising Stars-tennistoernooi in Pretoria uit die stryd getree het. Die Bloemhoffers het Duineveld 3-0 en Nelspruit 3-0 geklop. Hulle het die halfeindstryd St. Mary’s Waverley 2-0 gewen, maar in die eindstryd 0-2 teen Oranje vasgeval. Van links is Anandie de Waal, Milla Kotze, Nina van Eeden en Carli Kruger met hul silwer medaljes.Foto:


Net een span kon Bloemhof-tennissterre klop

You need to be Logged In to leave a comment.