Niks beter as jazz onder die sterre nie

Vergenoegd Löw se Jazz Onder die Sterre-geleentheid is op aanvraag terug, en kaartjies verkoop vinnig!.


Vergenoegd Löw se Jazz Onder die Sterre-geleentheid is op aanvraag terug, en kaartjies verkoop vinnig!

Die geleentheid is die perfekte begin vir die somerseisoen, met ontspanne genot vir familie en vriende. Dit word Vrydag 15 November gehou en Moonshine, die uiters gewilde jazz-ensemble gelei deur die talentvolle saksofonis Dan Shout, sal weer die groot trekpleister wees.

Met ’n credo van “jazz met ’n skop,” kan gaste ’n magiese musikale reis verwag wat strek vanaf die Roaring 1920’s en die Swingin’ 1930’s en 1940’s, regdeur tot die klassieke Rock en Roll- en Motown-klanke van die 1950’s en 1960’s.

Dink aan legendariese kunstenaars soos Louis Armstrong, Ella Fitzgerald, Nina Simone, Frank Sinatra, Nat King Cole, en Dean Martin, saam met die rock klanke van Chuck Berry, Big Joe Turner, Elvis, Ray Charles, en Marvin Gaye, onder andere.

Daarby gevoeg is ’n ongelooflik pragtige en rustige omgewing, heerlike Kaapse erfenis-geïnspireerde kos wat deur sjef Drikus Brink en sy span van die landgoed se twee restaurante, Geuwels en Clara’s Barn, voorberei is, sowel as ’n verskeidenheid bekroonde wyne deur die plaas se talentvolle jong wynmaker, Vusi Dalicuba. Dis al die bestanddele vir ’n betowerende aand in die wynlande!

Die geleentheid duur van 18:00 tot 22:00 en kos R850 per persoon, wat die musiek, twee glase wyn van jou keuse, en ’n fees van heerlike kos insluit.

Wyn sal op die aand ook beskikbaar wees vir aankoop teen spesiale pryse, so onthou om aan te vul vir die feestyd!

Kaartjies is beperk, so bespreek jou plek aanlyn by www.vergenoegd.co.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.