Nomineer erfeniskandidate

Niominasies vir die e’Bosch- eretoekennings vir inwoners, wat ’n uitsonderlike bydrae lewer tot bevordering van die 14 dorpies van Stellenbosch, is nou oop.


Niominasies vir die e’Bosch- eretoekennings vir inwoners, wat ’n uitsonderlike bydrae lewer tot bevordering van die 14 dorpies van Stellenbosch, is nou oop.

e’Bosch is ’n unieke organisasie, so sinoniem met erfenis en Stellenbosch, dat inwoners van die dorp en omgewing nou reeds bewus behoort te wees van die inspirerende werk wat die organisasie doen.

Oor die afgelope elf jaar reeds word gewerk om verhoudinge tussen alle inwoners om die groter Stellenbosch-omgewing te bevorder en mense aan te moedig om hul eie kultuur te waardeer en te bewaar asook die kultuur, gebruike, taal en sienings van ander te respekteer.

e’Bosch vereer elke jaar ’n handjievol inwoners vir hul bydraes tot die bevordering van kultuur, die bewaring daarvan en die bewusmaking van die belang van erfenis in die onderskeie gemeenskappe en veral onder die jeug. Om dit te kan doen, het e’Bosch die samewerking van die hele gemeenskap nodig om sodanige individue sowel as organisasies te identifiseer en te nomineer.

Mense sowel as organisasies wie se lewe en werk oor ’n lang tydperk ’n positiewe verskil ten opsigte van erfenisbewaring gemaak het in hul eie of enige ander gemeenskap, sal in aanmerking kom vir die 2022-toekennings.

Die toekennings word oorhandig by ’n spesiale funksie wat op 28 September deur die burgemeester van Stellenbosch, Gesie van Deventer, sowel as die rektor van die Universiteit van Stellenbosch, prof. Wim de Villiers, aangebied sal word.

Nominasiesvorms kan aangevra word by Carol Lakay via e-pos by carol@ebosch.co.za of Whatsapp by 061 595 4085 en moet voor 7 September ingedien word.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.