Die Hoër Meisieskool Bloemhof verwelkom vanjaar vyf nuwe personeellede.
Ilse Davids, ’n Protea-hokkiespeler, sluit by die sportkantoor aan as hokkie- en swemorganiseerder.
Davids sal, onder meer, vir die skool se o.14-hokkieprogram verantwoordelik wees.
Nog ’n lid van die skool se administratiewe personeel is Leon Piron wat as kultuurorganiseerder en assistent-kommunikasiebestuurder aangestel is.
In 2018 bied Bloemhof vir die eerste keer self Frans as tweede addisionele taal aan. Steffy Delmage, wat voorheen by die Universteit Stellenbosch en Alliance Française betrokke was, sal die nuwe Frans-opvoeder wees.
Die skool se Engels-departement verwelkom vir Marilise Potgieter, wat sal help met die aanbied van Engels eerste addisionele taal en skeppende kuns: drama.
Nina Reynolds, wat in 2016 as student by Bloemhof geproef het, is vanjaar as opvoeder in wiskunde en wiskundige geletterdheid aangestel.