Nuwe, beter toetsstasie vir leerlinglisensies

,

Stellenbosch-munisipaliteit het onlangs ‘n nuwe gerekenariseerde leerling-lisensie-toetsapparaat aangeskaf.


Stellenbossers wat die verkeer wil aandurf, sal hul leerlinglisensietoets op die nuwe gerekenariseerde leerling-lisensie-toetsapparaat aflê.

Die Stellenbosch-munisipaliteit se verkeersafdeling het onlangs die nuwe toetsstelsel by die plaaslike toetssentrum bekendgestel.

Hierdie nuwe stelsel bied beter akkuraatheid, sekuriteit en doeltreffendheid. Volgens die munisipaliteit skakel die digitale weergawe van die toets ook sekere risiko’s uit wat verband hou met die handgeskrewe toetsproses.

Met die nuwe stelsel sal tussen 15 en 20 kandidate per sessie hul toets kan aflê. Sommige kandidate, wat reeds afsprake het, kan deur hierdie plek-

beperking geraak word, maar kandidate sal deur die kantoor geskakel word om reëlings oor hul bestaande toetsdatums te tref. Saterdag-sessies sal plaasvind om te verseker dat alle kandidate geakkommodeer word.

Indien kandidate niks van die verkeersdepartement hoor nie, is hul afsprake nie geraak nie.

Mense wat aansoek gedoen het vir hul lisensie/die ry-toets word nie geraak nie.

• Vir enige verdere navrae kan kandidate 021 808 8822/32 skakel.

Categorised:,

You need to be Logged In to leave a comment.