Die Hoër Meisieskool Bloemhof se nuwe hoofleiers vir 2019-’20 is Maandag 5 Augustus aangekondig. Mieke Matthee is as die nuwe hoofmeisie aangewys, terwyl Nichola Viviers die nuwe adjunkhoofmeisie is. Huis Bloemhof, die skoolkoshuis, se hoofmeisie vir 2019-’20 is Lize Burger en Sibbie Smith is die adjunkhoofmeisie. Van links is Lize Burger, Sibbie Smith, Nichola Viviers en Mieke Matthee. Foto: Stephan Meyer