Nuwe lesinglokaal vir Bloemhof

’n Lesinglokaal met sitplek vir 80 mense is die nuutste toevoeging tot akademiese en kulturele uitnemendheid by die Hoër Meisieskool Bloemhof.


’n Lesinglokaal met sitplek vir 80 mense is die nuutste toevoeging tot akademiese en kulturele uitnemendheid by die Hoër Meisieskool Bloemhof.

Die vertrek is in die plek van ’n klas- en stoorkamer gebou en word onder meer deur onderwysers gebruik wat klasse wil kombineer om vir tot 80 leerders op een slag te onderrig.

“Om voor so ’n groot klas te staan, klink na ’n uitdaging, maar by Bloemhof respekteer die leerders en hul onderwysers mekaar. Die dissipline is dus baie goed en ek voel soos ’n student daar binne,” meen Ingerése Keuzenkamp, ’n graad 11-leerder.

“Die lokaal word nie net vir akademiese doeleindes gebruik nie. Die skool se Accelerando-koor, wat altyd stoele en koorbankies na die saal moes dra, het nou ’n ruimte waar hulle hul repetisietyd ten beste kan benut.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.