Nuwe nasionale loon stel teleur

Vinpro is uiters teleurgesteld in die nasionale minimumloonverhoging wat op 8 Februarie deur die regering aangekondig is.


Vinpro is uiters teleurgesteld in die nasionale minimumloonverhoging wat op 8 Februarie deur die regering aangekondig is.

As een van die mees arbeidsintensiewe subsektore in die landbou met arbeidskoste wat 41% van totale plaasinsetkoste beloop, meen Vinpro, sal hierdie verhogings in hierdie stadium ’n ernstige uitwerking op indiensneming in die sektor hê.

Nieteenstaande sy vertoë het die regering aangekondig dat die nasionale minimumloon op 1 Maart van R21,69 tot R23,19 per uur styg, ’n 6,9%-verhoging. Hoewel die regering nie ’n algehele vrystelling vir die wynbedryf toegestaan het nie, maak Artikel 15 van die Wet op Nasionale Minimumloon voorsiening vir ’n vrystellingsproses vir werkgewers.

’n Aansoek moet deur die Nasionale Minimumloonstelsel-aanlyn-portaal – https://nmw.labour.gov.za/ – ingedien word.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.