Lede van Paul Roos Gimnasium (PRG) se o.19A-rugbyspan het hul 2024-speeltruie ontvang. Die bekendstelling van vanjaar se rugbyseisoen is deur ouers, die spanbestuur en spelers bygewoon, en die spelers se opgewondenheid, trots en eer was duidelik sigbaar toe hulle die bekende PRG-maroentruie aangetrek het.