’n Groep vroue verbonde aan Stellsorg en Wings of Love & Hope het verlede Woensdagoggend by die Stellenbosch-landdroshof ter ondersteuning van Leatitia February (Timmie), ’n slagoffer van geslagsgeweld, betoog. February is op 4 September 2021 saam met haar seun, Leo Hendricks, gruwelik aangerand. ’n Saak van poging tot moord is teen hulle aanvallers geopen en die verdagtes het sedertdien voor die hof verskyn. Hendricks is met meer as 10 meswonde noodlottig beseer en February is drie keer gesteek. Die saak is tot 3 en 4 Julie uitgestel. Foto: