Die bestuurder van die Hyundai-bakkie wat verlede Dinsdagoggend in ’n ongeluk op die R44 naby Klapmuts betrokke was moes die afgelope week meer as vyf operasies ondergaan.Foto:


Die bestuurder van die Hyundai-bakkie wat verlede Dinsdagoggend in ’n onge­luk op die R44 naby Klapmuts betrokke was, moes die afgelope week meer as vyf operasies ondergaan.

Brendon Daniels, wat die Hyundai bestuur het, het sy linkerrib en albei bene gebreek en is met veelvuldige wonde na die hospitaal geneem.

Daniels se lewensmaat, Shaneen Davids, sê hy was op pad werk toe, toe die ongeluk plaasgevind het. Daniels werk by Airwize Airconditioning in Blackheath. Die ongeluk het net ná 07:00 gebeur. “Ek was by die huis toe ek die oproep gekry het. My ma, wat bly op ’n plaas naby waar die ongeluk gebeur het, het my gebel,” vertel Davids.

“Ek kon sien hy was in die wrak vasgekeer toe ek op die toneel kom. Hy was by sy volle bewussyn toe ek daar aankom, want hy kon nog met die red­dingswerkers praat. Ek het net daar gestaan en gesien hoe hy uit die wrak gesny word. Dit is ’n baie traumatiese ervaring vir my en die kinders, ons slaap onrustig. Hy het baie pyn en dis nie lekker om hom so te sien nie. Hy het in die afgelope week vyf operasies ondergaan – sy maag, pankreas en bene. Sy regterbeen is die ergste beseer en hulle het dit met penne herstel,” vertel sy.

You need to be Logged In to leave a comment.