Die hou ATKV-onderwysafdeling hou binnekort ’n glansgeleentheid ter viering van wêreldonderwysersdag.


Die ATKV waardeer die groot rol wat onderwysers vervul en dat hulle die hoeksteen van die toekoms vorm.

Dié beroep word op Wêreld­onderwysersdag (Saterdag 5 Oktober) gevier en erkenning gegee aan die uitnemende werk wat deur onderwysers oor die wêreld heen gedoen word.

In hierdie gees wil die ATKV-onderwysafdeling en die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) vanjaar dié dag op Saterdag 19 Oktober in Pniël vier. ’n Glans-geleentheid word aangebied, wat beloof om onderwysers te bederf met optredes van sprekers, gaskunstenaars en ’n driegangmaaltyd.

André Hendricks, die projek­organiseerder by ATVK-onderwys, is aan die stuur van die geleentheid.

Beperkte kaartjies is nog beskikbaar.

  • Kontak André Hendricks by 082 411 1333 vir besprekings en meer inligting oor dié dag.

You need to be Logged In to leave a comment.