Onnies draf saam ten bate van leerders

Nege personeellede van die Hoërskool Stellenbosch (HSS) saam met vier van hul gades en twee van die skool se Endurocad-atletiekaf­rigters het op 16 April die Twee Oseane-halfmarathon in Kaapstad ten bate van leerders by die skool voltooi.

Nege personeellede van die Hoërskool Stellenbosch (HSS) saam met vier van hul gades en twee van die skool se Endurocad-atletiekafrigters het op 16 April die Twee Oseane-halfmarathon in Kaapstad ten bate van leerders by die skool voltooi.

Credit: SYSTEM

Nege personeellede van die Hoërskool Stellenbosch (HSS) saam met vier van hul gades en twee van die skool se Endurocad-atletiekaf­rigters het op 16 April die Twee Oseane-halfmarathon in Kaapstad ten bate van leerders by die skool voltooi.

Eileen de Beer, bemarkingsbestuurder by HSS, sê die wedloop was taai, maar hierdie span kon almal die wenstreep oorsteek en ’n groot prestasie behaal.

“Ons is dankbaar ook vir Roman’s Pizza wat ruim bygedra het tot ons geldinsamelingspoging. Hulle het met ons ooreengekom om geld vir die skool se toerfonds te borg vir elke onderwyser wat die wedloop suksesvol aflê. Hul ondersteuning was ’n motiverende faktor vir ons span om hulself tot die uiterste te druk,” voeg sy by.

In die personeelspan wat gehardloop het, was onder andere Janke Claassen, Lazya Bernhardt, Louise van Rensburg, Mari du Toit, Niel Retief, Pierre Venter, Rinette Bruwer, Van Zyl Jacobs en Wayne Carpenter. Die personeel se gades wat deelgeneem het sluit in Daniël Claassen, Erik Bernhardt, Marilie Carpenter en Riata Nel.

“Die twee atletiekafrigters wat gehardloop het, was Tracey Oellerman, Philani Sengce wat die 56 km-ultra-marathon gehardloop het. Hierdie geleentheid was ’n groot sukses. Ons is trots op ons span se toewyding en harde werk en ons is dankbaar vir ons goedhartige borg. Dit is deur hierdie gesamentlike poging dat ons geld kon insamel vir ’n waardige saak om ’n positiewe impak in ons skool te maak.

“Ons sê ook baie dankie vir ons spankaptein, Sandra Norval, wat ons gemotiveer het om fiks te bly. Dankie ook vir ons spanbestuurder, Ben Malan, wat ons veilig op die dag rondgery het,” het De Beer afgesluit.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.