Dit lyk of maatskappye besig is om groot hoeveelhede rommel onwettig in Klapmuts te stort. ’n Inwoner hier het vandeesweek ’n video aangestuur van ’n berg rommel wat hier gestort is – en dit net om die draai van die stortings-terrein. ’n Woordvoerder van die Stellenbosch-munisipaliteit het gesê hulle het nog nie hieroor amptelik ’n klagte ontvang nie, maar sy afvalbestuur-afdeling sal die storting ondersoek. Hulle moedig inwoners van Klapmuts aan om sulke voorvalle by 021 808 8215 / 8953 aan te meld.