Stellenbosch Cancer Warriors het Saterdag 4 November sy jaarlikse Stap vir Kanker-geleentheid by die Idasvallei-sportterrein aangebied. Dit is deur die uitvoerende burgemeester van Stellenbosch, Gesie van Deventer, bygewoon en ondersteun. Die fondinsamelings-geleentheid word aangebied ter viering van die krag en veerkragtigheid van kanker-oorwinnaars, wat ander met hul moed en vasberadenheid inspireer. Spanne wat uit oorwinnaars, hul families en vriende bestaan, bring ook hulde aan diegene wat die kankerstryd met dapperheid en ’n onverbiddelike gees verloor het. Die spanne het om die veld gestap, daar was groot pret en speletjies, baie te eet en drink, en ’n joligheid het geheers. Bo is al die deelnemers.Foto’s: Francois Lombard


Die Stellenbosch Cancer Warriors-komitee het toegesien dat alles op die dag vlot verloop. Van links is André September (bemarking), Avril Samuels (geleenthede), Karin Steyn (geleenthede), Hillary Williams (geleenthede) Linda Martin (oorwinnaars), Natalie Apollis (voorsitter), Maureen Kennedy (finansies) en Nadia Henry (ondervoorsitter).Foto:

Die Hope & Trust-span het pienk ter ondersteuning van en vir bewusmaking van borskanker gedra.Foto:

Die Real Sisters-span het ook die geleentheid ondersteun.Foto:

Die Walking by Faith-span was in ’n feestelike by. Van links is Zenobia Sederman, Judith Davids, Joy Bergstedt, Carol Anthony en Emily Leibrandt.Foto:

Natalie Apollis, voorsitter van die Stellenbosch Cancer Warriors, het soos oudergewoonte die skare vermaak. Foto: Lucinda Gordon

You need to be Logged In to leave a comment.