Phoenix, die Hoër Meisieskool Bloemhof se vereniging vir gemeenskapsdiens en -interaksie, het 14 Maart ’n pretdraf vir kanker gehou en altesaam R6 000 vir Kansa ingesamel.
“Kanker raak almal van ons en daarom het ons vereniging gevoel dit is ’n waardige inisiatief,” sê Biancke Wessels, voorsitter van Phoenix.
Die pretdraf is in samewerking met die skool se sportkantoor gereël.
Sowat 300 deelnemers, wat nie net leerders en personeel insluit nie, maar ook lede van die gemeenskap, het ’n 5km-roete op die skoolterrein afgelê.
Phoenix se volgende projek is ’n Bloemhof-bloedskenkdag. Mense wat aan die vereistes voldoen, kan vandag (22 Maart) tot 15:00 by Bloemhof-skoolsaal kom bloed skenk.