Open Stellenbosch se verskoning wat kort ná dit op hul Facebook-blad geplaas is, weer verwyder is.


Kort ná Open Stellenbosch verskoning gevra het vir hul uitlatings oor die beweerde “blackface”-insident by Universiteit Stellenbosch (US) is dit van hul Facebook-blad onttrek en met nuwe beskuldings vervang.

Open Stellenbosch het luidens die eerste inskrywing gesê hulle trek hul vorige verklaring rondom die insident terug en dat nuwe foto’s rondom die insident aandui dat dit nie ‘n geval van “blackface is nie.”

Open Stellenbosch se verskoning wat kort ná dit op hul Facebook-blad geplaas is, weer verwyder is.

Dié inskrywing is vervang met ‘n nuwe een wat aandui dat die vorige inskrywing sonder konsensus van al die lede van Open Stellenbosch geplaas.

Die nuutste inskrywing beweer die studente was wel skuldig van “blackface” omdat hulle ‘n Instagram-filter gebruik het wat hul gesigte swart laat lyk het.

Open Stellenbosch wil dus steeds hê die twee studente van Heemstede-vrouekoshuis moet uit die universiteit geskors word.

Die nuutste inskrywing deur Open Stellenbosch.

Martin Viljoen, US-woordvoerder, het by navraag gesê geen kommentaar kan gemaak word voor die ondersoek na die voorval nie voltooi is nie.

Lees die volledige nuutste inskrywing deur Open Stellenbosch hier.

You need to be Logged In to leave a comment.