“Victory is ours!” Dít is die boodskap wat die gemeenskap van Cloetesville en gemeenskapsveiligheidsrolspelers hierdie Jeugdag (Maandag 16 Junie) aan kwaaddoeners in die buurt wil bring.
Die Cloetesville-polisie en rolspelers nooi alle belangstellendes – veral inwoners van Cloetesville en Idasvallei – om deel te neem aan die geestelike optog van Smartie Town na die Breughel-gemeenskapsaal. Rolspelers en gemeenskapslede word genooi om saam te staan teen die voortslepende geweld in Cloetesville. Skietery in die buurt het onlangs so erg geword dat die Aan Het Pas-kliniek die afgelope weke verskeie kere gesluit is uit vrees vir die personeel en pasiënte se veiligheid.
Die geleentheid begin om 09:00.
• Bel die stasiebevelvoerder, lt.kol. Fortuin, by 082 411 2911 of voorsitter Blakenberg by 084 227 7955.

You must be logged in to post a comment.