Oud-Idasvalleier mik vir gesogte Mev. Heelal-kroon

,

Van Stellenbosch tot die wêreldwye loopplank – dit is die droom wat nou vir Candice Williams sal waar word. Candice is op 22 Maart as Mev. Heelal Suid-Afrika aangewys en […]


Van Stellenbosch tot die wêreldwye loopplank – dit is die droom wat nou vir Candice Williams sal waar word.

Candice is op 22 Maart as Mev. Heelal Suid-Afrika aangewys en sal in Oktober na die Filippyne reis waar sy aan die internasionale skoonheidskompetisie sal deelneem.

“Ek neem sedert kindsbeen aan skoonheidskompetisies deel, maar ek het nooit gewen nie,” bieg dié voormalige Idasvalleier.

Candice meen sy het destyds nie werklik verstaan hoe die skoonheids- wêreld werk nie.

Die getroude lewe en ma-wees het haar sedert- dien ‘n ryker mens gemaak en Candice meen dit het haar op die wenpad gesit. In 2017, ná haar troue met die Pniëllier Devon Williams, was Candice in Nelspruit, Mpumalanga, nadat haar man ‘n kontrak met die Pumas gekry het. In 2023 het sy Mev. Mpumalanga gewen en die kroon as Mev. Heelal Suid-Afrika het gevolg.

“ ’n Skoonheidskompetisie is baie werk. My gunstelingdeel van die kompetisie is die liefdadigheidswerk en die werk wat jy ná ‘n wen verder kan vat. Dit gaan nie net oor ‘n kroon of op die loopplank loop nie.

“Die kompetisie het my laat besef ek is sterker as wat ek gedink het en het my selfvertroue ‘n hupstoot gegee. Die liefde wat ek vir myself het en my geloof in myself is iets wat ek elke vrou toewens,” sê dié entrepreneur en ma.

Selfvertroue en selfliefde is ná verskeie miskrame vir Candice juis belangrik. Danksy die mediese wetenskap en gebede is die Williamse se wonder- baba vyf jaar gelede met die hulp van in vitro-bevrugting gebore.

“Ek wou die boodskap aan ander gee dat jy van buite af oukei kan lyk, maar steeds binne gebroke kan wees – maar die Here kan jou weer heelmaak,” sê sy.

As deel van haar liefdadigheidswerk praat Candice oor haar pad na ma-wees, die belang- rikheid van gelykheid vir vroue in sport, asook gesinsgeweld.

“As medestigter van die Rahab Beauty-stigting help ek om ‘n veilige ruimte vir vroue en kinders te bied, en die hoop is om uiteindelik die werk vanuit Pretoria na ander provinsies uit te brei,” vertel sy.

Deesdae is die Williams-gesin in Pretoria, waar Devon vir die Bulle speel.

Candice maak reeds gereed vir die internasionale kompetisie en sê sy is opgewonde en dankbaar vir die geleentheid.

“Hierdie is die grootste skoonheidskompetisie vir getroude vroue, maar tog geniet dit nie dieselfde aandag as Mej. SA nie. Ek hoop om dit te verander.

“Om vir ‘n skoonheidskompetisie in te skryf, gaan oor soveel meer as krone en rokke – dit gaan oor selfvertroue, moed en om die wêreld te wys wie jy is. Moenie toelaat dat iemand jou waarde deur jou voorkoms alleen bepaal nie. Ware skoonheid skyn uit jou vriendelikheid, jou stem, jou waardes en jou krag.”

Dié oud-Hoërskool Stellenbosch-leeder sê almal moet in hul sparkle glo en die wêreld dit te laat sien.

You need to be Logged In to leave a comment.