Ryno Combrinck is Paul Roos Gimnasium (PRG) se nuwe hoof van rugby.
PRG het die nuus die afgelope week op sosiale media bevestig.
Combrinck, voorheen die hoof van sport by Michaelhouse in KwaZulu-Natal, het nou die taak om vir PRG weer een van die land se voorste rugbyskole te maak.
Hy het in die laat 90’s provinsiale rugby vir die Blou Bulle gespeel en was ook ’n keurder vir KwaZulu-Natal se Cravenweekspan in 2016.
Combrinck was in 2014 lid van John Mitchell se afrigtingspan by die Universiteit van KwaZulu-Natal met die Varsity Skild-kompetisie.
Hier het hy saam met Mitchell, Ryan Strudwick en die voormalige Springboklosskakel Butch James gewerk.
Hy was voorheen lid van die Investec Internasionale Rugbyakademie se afrigtingkorps, waar hy saam met Braam van Straaten, Ian MacDonald, Marius Hurter, Brent Russell en Paul Anthony gewerk het.