Die Laan se bekendste inwoner, Oupa Carlos, is Vrydag 4 Maart voor De Haas Living-gastehuis kom haal nadat hy weer onder vandale deurgeloop het. Volgens Jean Louw, die kunstenaar wat Oupa Carlos as deel van haar Seemingly Peaceful-1-beeldbouwerk geskep het, is hy erg beskadig. “Hy is met ’n ystersaaglem gesaag om ’n swak plek te maak in die vlekvryestaal- staaf wat Oupa se boek aan sy lyf verbind. Die boek, sy hande, sy maag, alles is gebreek.” Oupa Carlos is vir tyd en wyl na Jean se studio geneem om reggemaak te word. Saam met Jean Louw (links) is Nigel Palanyadi (middel) en Wilhelm Louw (regs). Foto: Francois Lombard