Oupa Carlos is terug op sy pos en het Woensdagmiddag 8 Junie op sy bank voor De Haas Living-gastehuis in die Lane gaan sit. Oupa Carlos is in Maart vanjaar deur vandale beskadig en moes ’n lang herstelproses van meer as R30 000 ondergaan. Die Somerset-Wes-kunstenaar Jean Louw, wat hom as deel van haar Seemingly Peaceful-1-beeldbouwerk geskep het, het hom herstel en terugbesorg. Louw sê sy is bly Oupa Carlos kan weer op sy plek sit waar hy behoort. Veiligheid rakende Oupa Carlos is opgeskerp om hom veilig te hou.


Oupa weer op sy pos

You need to be Logged In to leave a comment.