Luna Paige stel haar derde enkelsnit “Kiss of Africa” eerskomende Sondagmiddag (24 April) met ’n spogkonsert in Stellenbosch bekend.Foto:


Luna Paige stel haar derde enkelsnit “Kiss of Africa” eerskomende Sondagmiddag (24 April) met ’n spogkonsert in Stellenbosch bekend.

Die lied word in die aanloop tot en in die viering van Vryheidsdag (27 April) en al Afrika se verskeidenheid mense bekend gestel.

Paige het einde Maart twee enkelsnitte as deel van die kortspeler Calm after the storm bekend gestel.

Sy het die nuwe snitte met ’n toer na die Oos-Kaap, die Tuinroete, optredes by KKNK en twee optredes in Gauteng bekend gestel.

“Kiss of Africa” is ’n lied oor “behoortskap”, aanvaarding, vergifnis en die viering van diversiteit. Die lied is in samewerking met Christi van der Colff en studente van die Abbey Road Institute in Johannesburg vervaardig.

Paige gaan die verhoog met Frank Freeman (kitare), Schalk van der Merwe (baskitaar) en Darren Petersen (tromme) deel. Sy het ook drie stryk- en blaasinstrumentspelers genooi om haar te begelei.

V Deure open 13:00 en die vertoning begin om 15:00 by The Daisy Jones Bar, Summerhill-wynplaas buite Stellenbosch. Kaartjies kos R165 en is aanlyn by Quicket (R180 by die deur) beskikbaar.

You need to be Logged In to leave a comment.