Die vierde Winelands International Para-atletiekbyeenkoms vind Saterdag 22 Februarie op die Coetzenburg-atletiekbaan in Stellenbosch plaas. Die byeenkoms is ’n geleentheid waar die Paralimpiese-atlete van 2020 en 2024 teen die opkomende atlete met gestremdhede deelneem, en die moontlike sterre van 2028 ontdek word. Die publiek word genooi om te kyk hoe die menslike vermoë die grense van beperkinge oortref, en sportmanne en -vroue hul liefde vir atletiek uitleef. Kom ondersteun die plaaslike Paralimpiese-atlete soos die naelloper Paul Daniels en die gewigstoter Kerwin Noemdo (foto). Baan- en velditems begin om 08:30 en toegang is gratis. Foto: Roger Sedres/Team SA/Getty Images