Die Stellenbosch-hospitaal is op soek na familielede van ‘n pasiënt, Norman van Wyk, wat op Woensdag 23 April na die hospitaal gebring is.
Die omstandighede rakende die pasiënt se toelating is nie bekend nie.
Van Wyk is 37 jaar oud en sy geboortedatum is 20 April 1988. Hy het krullerige swart hare, donkerbruin oë, weeg 45 kg en sy lengte is 1,88 m. Sy laaste woonadres is onbekend.
Enigeen met inligting oor Van Wyk en sy familie word gevra om die hospitaal se maatskaplike werker, Liesl Sassman, by 060 652 8523 te bel.