Verskeie PRG atlete het by die Hoër Jongenskool Paarl Uitnodigingsbyeenkoms gewys hulle is gerat vir die Prestige Atletiekbyeenkoms van 8 Februarie op Dal Josafat.
Die Uitnodigingsbyeenkoms het skole van oor die Wes-Kaap heen in aksie gehad met PRG wat kragte kon meet teen die groot mededinger HJS Paarl en Hoër Meisieskool Bloemhof wat hulself getoets het teen onder meer HMS Paarl.
Die hoogtepunt van die aand was die goeie vertonings deur die o.17-naellopers met Barthelemy Bena-Ntumba, Jonathan Essien en Elisha Miller wat onderskeidelik die 100 m, 200 m en 400 m gewen het.
Tesame met Luc Mouton het die o.17-aflosspan ook hul aflos gewen.
Divan Lamprecht het die o.14-hekkies (300 m) gewen en Joshua Acker is weer gekroon as die beste veldatleet danksy sy o.17-gewigstoot- en diskusprestasies op die aand.
Ander hoogtepunte was Mark Lester se eerste plek in die o.14-1500 m, Jurenzo Julius in die o.19-verspring en Harrison Gibson, wat eerste in die o.15-hoogspring was.
Verskeie ander seuns se goeie vertonings het hul plek in die Prestige-span verseker – ’n aanduiding van groeiende diepte in PRG-atletiek.